EntertainmentLifestyle

Country koning Manie Jackson het Dolosfees afspraak

Manie Jackson op vanjaar se Dolosfees.

‘n Musiekfees sonder country is soos ‘n rodeo vertoning sonder ‘n bul.

Daarom dat Afrikaanse liedjieskrywer en kunstenaar Manie Jackson Richardsbaai gaan wys waarom hy ‘n SAMA toekenning ontvang het vir sy slag met die country genre as hy die mikrofoon vasvat op vanjaar se Dolosfees.

Manie is al aangewys as IFM se Country Sanger van die Jaar en spog ook met sy vertolking van ‘You’re the reason’ as Country Treffer van die Jaar.

Maar met rolmodelle soos Bles Bridges, Carike Keuzenkamp en Elvis Presley, ryg hy ook al die nostalgiese gunstelinge uit.

Manie het sterstatus bereik en die hele land skoffel op sy dansmusiek, maar hy dink nie hy is ‘n wafferse ster nie en is eintlik nederig oor sy prestasies.

Hy wil net graag hê sy talent moet vir iemand iets beteken.

Hy skryf en dig reeds van skool af en het sy pen in die ink gedoop toe die atletiekspan vars liedjies kort, maar deesdae is sy lirieke bedoel om na te luister.

Hy is tans besig met sy nuwe CD ‘Onthou My’ en doen bemarking van Bles Bridges se ‘Dankie vir alles’ CD.

Kunstenaars lyk oor die algemeen so koel en in beheer, asof hulle senuwees van staal het, maar Manie sê daar is maar flaters waarmee almal kan identifiseer, soos toe hy per ongeluk twee regterskoene op die verhoog aangehad het.

‘Ek lag elke dag lekker vir myself,’ sê hy.

Die Zululand Observer het vir Manie ‘n paar vrae gevra om hom beter te leer ken, soos wat hy dink sy beste eienskappe is en watter sake vir hom na aan die hart lê.

Manie sê hy is nederig en vriendelik en het ook ‘n baie ernstige kant.

Boere wat vermoor word op die wreedste maniere ontstel hom geweldig.

Hy was nie ‘n sosiale monster op skool nie en sê, ‘Ek het een goeie pel op skool gehad. Ek het skaak gespeel en nie rugby nie.’

Op die oomblik lees hy Lance James se ‘The Life and Times of Country Legend ‘Big Daddy’’, en hy motiveer homself deur positiewe denke.

Hy is ‘n goeie verloorder en word nie kwaad as iemand hom wen in kaart of bordspeletjies nie, alhoewel hy ongeduldig kan word as dinge nie vinnig gebeur nie.

Hy hou graag vakansie in die Krugerwildtuin en sy drie honde heet Baba, Leeu en Ghezmo.

Check Also
Close
 
Back to top button
X

 .

CLICK HERE TO ENTER