VIDEO: Jasmine se musiekvideo gekies vir TV
Boelies is nie cool nie, sing 12-jarige Richardsbaai sangeres

Plaaslike sangeres Jasmine Chubb, ‘n Graad 7-leerder aan Laerskool Arboretum, stel vanmiddag haar musiekvideo aan Suid-Afrika bekend.
Maak seker jy skakel in op KykNet Kanaal 146 tussen 4nm en 5nm vandag (8 Augustus) om haar musiekvideo op televisie te sien.

Jasmine se liedjie is getiteld ‘Stop Stop Stop!‘ en sy maak haar stem behoorlik dik teen boelies.
Jongmense sal veral van die liedjie hou, omdat dit so relevant is: boelies is oral, maar hulle is eintlik nêrens welkom nie.
Jasmine se ma, Maritza Vermaak, vertel dat hierdie liedjie deel van ‘n groot anti-boelie veldtog is wat Jasmine beplan.

Die produksiemaatskappy Angel Music Studio Productions het spesiaal die liedjie vir Jasmine geskryf nadat hulle die maatskappy genader het.
Die musiekvideo vir Stop Stop Stop! is tydens die skoolvakansie by Laerskool Ventersdorp opgeneem – met regte leerders, onderwysers en selfs die skool se regte boelie – as akteurs.

Jasmine beplan om skole te besoek en haar musiekvideo te gebruik om die boodskap oor te dra: ‘Boelie is nie cool nie’.
Die 12-jarige Richardsbaai-inwoner droom daarvan om eendag ‘n sangeres te word – en die blootstelling op KykNet is vir haar ‘n wonderlike hupstoot in die regte rigting.

Hier is ‘n voorsmakie van Jasmine se musiekvideo Stop Stop Stop!:
As jy daarvan hou, ‘like’ en ‘share’ dit!
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page and follow us on Twitter
For news straight to your phone invite us:
WhatsApp – 072 069 4169
Instagram – zululand_observer