EntertainmentLifestyle
Country musiek plesier by die DolosFees
Midnight Cowboy is oppad na die DolosFees.
Big Daddy, die Country Queen, en die Midnight Cowboy is oppad na die DolosFees.
Hulle het twee weke terug te perd vanuit Gauteng vertrek om betyds in Richardsbaai te wees.
Die drie Country sangers is ook bekend as Lance James, Barbara Ray en Clive Bruce.
Hulle tree Donderdag, 1 Mei op – dit is oor drie weke.
So, dit gee jou kans om ‘n paar Louis L’Amour boekies te lees en jou rybroek en kamaste af te stof vir die groot makietie. Yippee-ka-yay!
Vir meer inligting oor die DolosFees besoek gerus www.dolosfees.com of skakel Elize Boshoff by 083 6355358.
