EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Groot sterre kom vir DolosFees

Kaartjies vir die DolosFees is beskikbaar by die Zululand Observer.

Groot makietie by die DolosFees Dis weer tyd vir Zoeloeland se grootste musiek opskop.

Van 1 tot 3 Mei gaan die Richardsbaai Rugbyklub gons met verskeie vertonings, uitstallings en opwindende aktiwiteite.

Donderdag 1 Mei sal Riana Nel, Barbara Ray, Clive Bruce, Izak Davel en Lance James feesgangers vermaak.

Vrydag 2 Mei kom Pieter Koen, ADAM, Ricus Nel en Mwah aan die beurt met hulle Jukebox Roadshow. Jak de Priester, Henk Grimsell en Piet Potgieter sal daarna optree.

Saterdag 3 Mei is die groot dag met die groot name – Bok van Blerk, Gerrie Pretorius, Adam Tas en Lianie May gaan sorg vir ‘n stampvol tent. Izak Davel, Henk Grimsell en Piet Potgieter gaan ook weer optree.

Ander aktiwiteite wat deel uitmaak van die fees is ‘n sterkman kompetisie, water pretpark, buitelewe tentoonstelling en ‘n wyn uitstalling.

Kaartjies vir die DolosFees is beskikbaar by die Zululand Observer se kantoor, Hairstreaks in die Boardwalk en by die biltong winkel in die Meerensee sentrum.

Kaartjie pryse beloop R100 elk vir Donderdag en Vrydag, en R120 vir Saterdag. Naweek kaartjies beloop R250.

Vir meer inligting besoek die fees se webwerf, www.dolosfees.com of skakel gerus Elize Boshoff by 083 6355358

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Check Also
Close
 
Back to top button
X

 .

CLICK HERE TO ENTER