
DIE lys van top Afrikaanse kunstenaars wat Zoeloeland se jaarlikse DolosFees gaan laat kook, is besig om vinnig te groei.
Die jongste toevoeging is Jak de Priester.
De Priester se loopbaan het in 2003 begin na hy die ATKV Crescendo kompetisie gewen het.
Dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem.
Agt jaar, vyf albums, ‘n digbundel, koffietafel-woordkuns boek en verskeie verhoogproduksies later, is Jak se loopbaan steeds besig om te groei.
Hy is ook die skrywer en sanger van die temalied van die bekende Afrikaanse dramareeks Binnelanders.
Hy is al genoem die ‘Brooklyn Poet’ omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die Groenkloof Spar en die Brooklyn Mall.
Die lirieke van sy musiek wentel dikwels om gebeurtenisse waarmee meeste mense hulself kan vereenselwig.
Jak de Priester tree Vrydagaand, 2 Mei by die DolosFees op.
Vir meer inligting oor die ander kunstenaars en aktiwiteite, besoek www.dolosfees.com of skakel Elize Boshoff by 083 6355358.
