Gerrie Pretorius by die DolosFees
SA sanger, Gerrie Pretorius sal by die DolosFees in Mei optree.

Gerrie Pretorius spog met sewe platinum toekennings en n SAMA nominasie.
Hy het bekendheid verwerf met treffers soos ‘Annemarie my skat’ en ‘Adio Amore’.
Sy album Swing waarin hy legends soos Dean Martin en Frank Senatra se liedjies sing, het gewys hy is n veelsydige kunstenaar, en hy is ook gewild vir sy huldeblyke aan Bles Bridges.
Gerrie Pretorius tree Saterdag 3 Mei by die DolosFees op. Hierdie jaar se fees volg op laasjaar se sukses en word weer by die Richardsbaai Rugby Club aangebied. Naweek kaartjies beloop R250 per person. Vir meer inligting besoek www.dolosfees.com of skakel Elize Boshoff by 083 6355358.
