Wag met daai eerste koppie koffie
Hoekom mens nooit koffie heel eerste in die oggend moet drink nie

Het jy al jou eerste koppie koffie vandag gehad? Indien nie – goed so, want volgens wetenskaplikes is dit nie ‘n goeie idee om jou dag met ‘n koppie koffie af te skop nie.
Kafeïne so vroeg in die oggend meng in met jou liggaam se kortisool-produksie.
Sodra mens wakker word in die oggend begin jou liggaam met die belangrike taak van kortisool-vervaardiging.

Wat is kortisool? Dit is die hormoon wat mens op-en-wakker laat voel – iets wat geen koppie koffie so effektief kan doen as jou liggaam se eie word-nou-wakker hormoon nie.
As jy koffie drink voordat jou kortisool kans kry om in te skop, smoor jy daardie belangrike lewensfunksie.
En jy bou effektief ‘n weerstand op teen die regrukker-eienskappe van ‘n stomende koppie boeretroos.

Wag liewers ‘n uur voor jy die ketel gaan aansit. Dan help die kaffeïne om jou energievlakke aan te jaag.
Navorsers beweer 9:30 – 11:30 is die beste tyd vir daardie eerste koppie koffie.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page and follow us on Twitter
For news straight to your phone invite us:
WhatsApp – 072 069 4169
Instagram – zululand_observer