Local newsNews

Ondersteun die ‘ZO Cause for Paws’ veldtog

Maatskappye in Zoeloeland word uitgedaag om R1 500 of meer te skenk ten bate van Zululand se drie Dierebeskermingsverenigings

Die Zululand Observer daag alle besighede en maatskappye uit om ons drie plaaslike Dierebeskermingsverenigings (DBVs) te ondersteun deur die koerant se R1 500 donasie te ewenaar, of selfs meer te skenk.

Darwain Drukkers is die eerste maatsakppy wat die uitdaging aanvaar het met ‘n R1 500 skenking.

Saam met ‘n individu se skenking, staan die ‘ZO Cause for Paws’ fondse tans op R3 100.

Hou gerus die barometer in die Zululand Observer dop om te sien hoe die ‘ZO Cause for Paws’ fonds groei.

Ons beplan om die fondsinsamelingsveldtog vir drie maande te laat loop.

Aan die einde van hierdie periode sal die fondse wat ingesamel is eweredig verdeel word tussen Empangeni, eShowe en Richardsbaai se DBV takke.

Daar is altyd ‘n groot behoefte aan troeteldierkos, en dit is ook die item wat die meeste deur weldoeners geskenk word.

DBV ondersteuners is egter nie altyd bewus van die talle ander uitgawes wat finansiële druk op die DBV plaas nie.

Buiten die voortdurende aankope van troeteldierkos, sukkel die DBV ook om lopende- en opknappingskostes te dra.

Herstelwerk aan heinings, lekkende dakke, veeartskostes en komberse is ander noodsaaklikhede waarvoor hierdie nie-winsgewende organisasie self moet opdok.

Daarom vra ons dat Zoeloelanders asseblief hierdie fondsinsameling poging sal ondersteun Skenkers sal vir hul bydrae erken word.

Bankbesonderhede:

FNB, Empangeni (takkode 220130), Gold Business Account nommer 625 186 36 727.

Onthou asseblief om die naam van die skenker as verwysing te gee.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page and follow us on Twitter

For news straight to your phone invite us:

WhatsApp – 072 069 4169

Instagram – zululand_observer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Check Also
Close
 
Back to top button
X

 .

CLICK HERE TO ENTER